top of page

Slaap in Swaeltjienes by die Makkedaat grotte

Swaeltjienes is goed weggesteek in die berg
Swaeltjienes is goed weggesteek in die berg

Ons sluit ons toer deur die Baviaanskloof af deur die laaste aand by die Makkedaat grotte tuis te gaan.

Vanaf die Baviaanskloof Sleutel, wat aan die onderkant van die Nuwekloof pas geleӫ is, is dit 9 km tot by die grotte. Anders gestel: dit is 50 km vanaf Willowmore.

Daar is 7 verskillende grotte waar jy kan oorslaap. Hulle grootte wissel van kapasiteit vir 2 persone tot 10 persone. Die grotte is tussen die koppe versprei en jy het totale privaatheid by jou grot.

Ons het by Swaeltjienes oorgeslaap. Die naam bevestig dat hier nie plek vir baie mense is nie, en dit was perfek vir ons twee.

Aan Boetie Terblanche se kreatiwiteit was daar geen keer met die bou van die akkommodasie nie. By swaeltjienes lyk sommer of daar hangende tuine voor jou parkering is.

Onder ‘n oorhangende krans het Boetie alles ingerig wat jy in ‘n chalet sal begeer: Die kombuis is tussen die kranse. Die werksvlakke is nie noodwendig die ideale hoogte nie, maar jy is mos nou in ‘n grot!

Bo-op die badkamer is ‘n sonpaneel gemonteer om lig in die grot en die badkamer te verskaf. Dit is nou nie die moderne tipe wat Eskom ons deesdae genoodsaak het nie. Skakel dus die lig af as jy hom nie gebruik nie. Die kombuis het lopende water, ‘n stewige stoofplaat wat op gas werk en ‘n nuttige skottelgoed wasbak.

Die hoofbed is baie gerieflik. Die tweede bed is eerder vir kinders tensy jy van kopseer hou (dit is behoorlik onder ‘n oorhangende krans gebou)!

Warm water stelsels wat met gas werk het altyd truuks, maar Boetie het seker gemaak jy kry al die instruksies! Daar is genoeg instruksies in die badkamer dat jy nie foute gaan maak nie. Die stort is basies, maar voldoende en die wasbak en toilet werk goed.

Met ‘n klein leertjie klim jy tot bo-op jou grot se dak om jou skemerkelkie te drink. Daarna stap jy af en pak jou vuur met droӫ karoobossies as vuuraanstekers.

By jou voordeur is ‘n draagbare braaiplek. Jy kan in ver in die kloof afstap en jou verwonder aan die ongelooflike kranse en vorms wat dit teen die horison vorm.

Ons het die ervaring behoorlik geniet!

Die ingang van die grotte is teen die hoofpad (R332) met die grotte self tussen die berge hiervandaar
Die ingang van die grotte is teen die hoofpad (R332) met die grotte self tussen die berge hiervandaar
Hier is jy baas van jou eie grot!
Hier is jy baas van jou eie grot!
Kreatiewe hangende tuine by die parkeerplek
Kreatiewe hangende tuine by die parkeerplek
Die kombuis is goed toegerus, maar die grot bepaal die hoogte van jou werksoppervlakte
Die kombuis is goed toegerus, maar die grot bepaal die hoogte van jou werksoppervlakte
Let op die liggies teen die grot plafon
Let op die liggies teen die grot plafon
Die bed onder die krans sorg vir kopseer as jy 'n volwassene is!
Die bed onder die krans sorg vir kopseer as jy 'n volwassene is!
Die hoofbed is het 'n rotsbasis en 'n goeie matras. Teen die een kant is 'n hout bedkassie en die ander kant een van rots
Die hoofbed is het 'n rotsbasis en 'n goeie matras. Teen die een kant is 'n hout bedkassie en die ander kant een van rots
Die badkamer is buite gelee
Die badkamer is buite gelee
Die stort is basies, maar hy is daar en hy werk!
Die stort is basies, maar hy is daar en hy werk!
Gas warmwater stelsel met goeie instruksies!
Gas warmwater stelsel met goeie instruksies!
Drink jou skemerkelkie op jou grot se dak
Drink jou skemerkelkie op jou grot se dak
Tyd vir vuurmaak
Tyd vir vuurmaak
NOU gaan ons braai!
NOU gaan ons braai!
Die kranse gee jou verbeelding kans om te werk
Die kranse gee jou verbeelding kans om te werk
Klowe en koppe en diepte kan mens nie werklik op 'n foto vasvang nie
Klowe en koppe en diepte kan mens nie werklik op 'n foto vasvang nie
Die grondpad na Cedar Falls
Die grondpad na Cedar Falls

Loer gerus na ons video


Comments


Post: Blog2_Post

©2021 by Ons Reis. Proudly created with Wix.com

bottom of page