Die kloof vanaf Fouriesburg se kant af Net buite Fouriesburg in die Oos-Vrystaat is die Meiringskloof Natuur reservaat. Ons het die kampeer daar baie geniet, maar die staproetes verdien ‘n spesiale vermelding. Die roetes is almal verskeie opsies om in die kloof op te stap, en die langste een binne die reservaat duur sowat 3 ure om te voltooi. Dagbesoekers het hulle spesiale parkering waar hulle voertuie veilig gelaat kan word. Sommer net verby die kantoor vind jy die eerste a
Swaeltjienes is goed weggesteek in die berg Ons sluit ons toer deur die Baviaanskloof af deur die laaste aand by die Makkedaat grotte tuis te gaan. Vanaf die Baviaanskloof Sleutel, wat aan die onderkant van die Nuwekloof pas geleӫ is, is dit 9 km tot by die grotte. Anders gestel: dit is 50 km vanaf Willowmore. Daar is 7 verskillende grotte waar jy kan oorslaap. Hulle grootte wissel van kapasiteit vir 2 persone tot 10 persone. Die grotte is tussen die koppe versprei en jy het