Swaeltjienes is goed weggesteek in die berg Ons sluit ons toer deur die Baviaanskloof af deur die laaste aand by die Makkedaat grotte tuis te gaan. Vanaf die Baviaanskloof Sleutel, wat aan die onderkant van die Nuwekloof pas geleӫ is, is dit 9 km tot by die grotte. Anders gestel: dit is 50 km vanaf Willowmore. Daar is 7 verskillende grotte waar jy kan oorslaap. Hulle grootte wissel van kapasiteit vir 2 persone tot 10 persone. Die grotte is tussen die koppe versprei en jy het