top of page

Wat kan jy in Hogsback verwag om te doen?

Die uitsig vanaf die Eco Shrine. Die koppies lyk soos die rug van die omgewing se varkies. Dit is na bewering die rede vir die naam Hogsback
Die uitsig vanaf die Eco Shrine. Die koppies lyk soos die rug van die omgewing se varkies. Dit is na bewering die rede vir die naam Hogsback

Ons besoek Hogsback tydens ons Oos-Kaapse Sloertoer in Februarie 2025. Die dorpie is in die Amotola berge geleӫ. As mens ‘n driehoek sou trek op die kaart tussen Port Elizabeth, Hogsback en Oos-London is die dorpie so 300 km vanaf die ander 2 geleӫ.

 Ons het vanaf Centurion gery, rustig oorgestaan by Bloemfontein en by Teebus. Die Katbergpas het ons egter ‘n lelike poets gebak (meer daaroor later). Die gevolg is dat ons doodmoeg is toe ons Hogsback binnery.

Ons kry Swallowtail karavaanpark aan die linkerkant van die pad soos ons die dorpie binnery. Die lyk doodstil daar. Die reӫn sak behoorlik uit. Ons gaan kyk eers wat die opsies by die ander kampplek, Away with the Fairies is, maar besluit daarteen a.g.v. die modder op die staanplekke en keer terug na Swallowtail.

Ons staanplek is ietwat afdraand, maar ons gasvrou, Ansie gee ‘n houtstut om die karavaan se wiele te stabiliseer. Sy nooi ons ook om die Trekkers Lounge te gebruik. Dit is baie knus teen die reӫn. Daar is ‘n paar ablusie blokke, elk met 3 toilette, storte en wasbakke. Ons gaan stort en voel vinnig tuis toe ons die kaggelvuur by die Trekkers Lounge aan die gang het. Die volgende dag help Ansie ons vriendelik om ons klere deur haar wasmajien skoon te kry.

Swallowtail Karavaanpark het ook chalets, maar ons het slegs gekamp.

Wanneer die weer later oor die naweek verbeter, ontdek ons die dorpie. Ons geniet die uitsigte vanaf die Eco Shrine. Die kunstenaar, Diana Graham neem ons deur haar ope-lug uitstalling. Sy en een helper het dit meer as 20 jaar gelede gebou. Haar kunswerke poog om wetenskap, kuns en die aarde te versoen. Die kunswerke is so monteer dat hulle nooit direkte sonlig sal kry nie. Verder, word hulle saans en tydens slegte weer met doeke toegemaak sodat hulle nie beskadig word nie.

Ons woon Hogsback se Saterdag mark by. Daar is baie handwerk en kunswerke van die plaaslike inwoners te koop. Ons ondersteun ook die plaaslike Spar en die koffiewinkel wat roomys verkoop.

Een van die grootste redes om Hogsback te besoek is om die watervalle te besigtig en die staproetes te doen. Ons besoek die 39-steps Waterval en sien die groot Geelhoutboom voordat ons ook die Swallowtail valle gaan besoek. Na al die reӫn moet mens behoorlik versigtig trap, veral op die plankpaadjies wat beskadig is en nie eintlik meer ‘n doel dien nie.

Daar is beslis geen tekort aan dinge om jou mee besig te hou in hierdie dorpie nie!


Diana Graham het die Eco-Shrine is meer as 20 jaar gelede gebou met die hulp van een werker
Diana Graham het die Eco-Shrine is meer as 20 jaar gelede gebou met die hulp van een werker

Die rantjie aan die oorkant speel self 'n rol in Diana se kunswerke
Die rantjie aan die oorkant speel self 'n rol in Diana se kunswerke

Diana se kunswerke is uniek


Die koffiewinkel bied ook roomys aan vir ons soettande!

Heelwat van die eet-plekke se name weerspieel die varkie

Die Savemore is die dorp se kruideniersware winkel, deel van SPAR groep


Die 39-steps waterval

Die groot Geelhoutboom

Daar is baie plekke om te parkeer en te begin stap

Die Swallowtail waterval
Die Swallowtail waterval

Ons kampplek is op pragtige gras, met die badkamers naby en die Trekkers Lounge links

As die weer saamspeel, is kamp altyd lekker

Hogsback in die mis is 'n algemene gesig


Die Trekkers Lounge is 'n heerlike kuierplek, veral as die weer nie saamspeel nie
Die Trekkers Lounge is 'n heerlike kuierplek, veral as die weer nie saamspeel nie

Tyd om terug te gaan!
Tyd om terug te gaan!

'n Kort video van ons besoek

Comments


Post: Blog2_Post

©2021 by Ons Reis. Proudly created with Wix.com

bottom of page