top of page

Trein- en ander wiele van toet in die Oos-Vrystaat by Sandstone Estates

Die Stoom Lokomotiewe trek die groot aandag by Sandstone, maar hy bied baie meer
Die Stoom Lokomotiewe trek die groot aandag by Sandstone, maar hy bied baie meer

Ons het lankal raakgelees dat ‘n besoek aan Sandstone Estates een vir die boeke moet wees. Met ons besoek aan die Oos-Vrystaat besoek ons hierdie plaas wat tussen Fouriesburg en Ficksburg geleӫ is.

Die plaas is veral bekend vir hulle lewendige uitstalling en vertoon rondom begin April en einde November elke jaar van hulle stoomlokomotiewe en ander dinge met wiele.

Ons besoek die plaas op ‘n Saterdag en word sommer vinnig op ‘n toer geneem. Dit is buite seisoen en die wiele draai nie vandag nie.

Ons word eerste die stoor van militêre voertuie gewys. Die verskeidenheid is regtig legio. Al hierdie voertuie is in ‘n lopende toestand en sal oor net meer as ‘n maand op die plaas rondry vir die besoekers wat met die April fees opdaag.

Ons stop eerste by die Casspir voertuig wat veilig soldate onder beskerming in moeilike gebiede kan indra. Dan stop ons en bekyk een van die legendes van Suid-Afrika se wapens van nader : die Ratel. Dit is natuurlik ‘n oorlogvoertuig, maar ons het darem verwag dat hy binne ‘n klein bietjie meer gemaklik vir die bemanning sou wees. Hierdie is ‘n harde voertuig en dit moet geharde soldate wees wat hom gebruik ! Hy het plek vir troepe maar dra ook 72 koeӫls vir sy kanon en 6000 rondtes vir sy 3 masjiengewere.

Behalwe die Buffel en die Eland 60 en 90 is daar verskeie ander voertuie. Die plaas het ‘n ooreekoms met die militêre museum in Bloemfontein om met tye die voertuie onder mekaar uit te ruil. Ek was verras om die Katsyusha Rocket Lancher daar aan te tref. Hy was op sy dag beter bekend as die Stalin Orrel en onder die Suid-Afrikaanse soldate as die Rooi Oog. Die spesifieke een op die uitstalling kom uit die Angolese oorlog en is in ‘n goeie toestand.

Onder ‘n afdak is ‘n paar nuwe toevoegsels vanaf die VSA waarvan sommige nooit sal kan loop nie. Onder hierdie afdak is egter ook ‘n paar myn en konstruksie voertuie uit toendertyd toe hierdie voertuie nog met stoom aangedryf is. Almal van hulle is in ‘n volle werkende toestand.  Dit is duidelik nie enige man se speelmaat om hierdie voertuie te bestuur nie ! Dit sluit onder andere ‘n stoom ‘back ackter’ in  asook ‘n hyskraan.

Die volgende saal laat die ou boere se monde behoorlik kweil. Trekkers van die jaar toet word hier in oorvloed uitgestal. Wie onthou nog die McCormick en Allis-Chalmer trekkers? Die Fiat 135 is van die jonger modelle wat hier pryk, asook die immergewilde Vaaljapie. HIerdie uitstalling word gekomplimenteer met werktuie uit dieselfde era, asook ‘n hele paar ossewaens en kap karretjies.

Die stoor met die stoomlokomotiewe sal die stoom-entoesiaste se harte roer. Hier is sommer ‘n goeie versameling van hulle, asook ‘n pomp trollie, fiets wat op ‘n treinspoor loop en model lokomotief. Met ‘n private spoorlyn op die plaas gaan die Vrystaat vroeg April gehoorlik aan die stoom wees.

Die laaste stoor vertoon ‘n verskeidenheid van masjiene wat oor die jare diens gedoen het in die landbou en industrie. Watter Vrystaat plaas het nooit ‘n Lister engin gehad nie? Hier is ‘n groot versameling van hulle.

Afhangende van die toestand van bek- en klouseer, sal die plaas se gewilde span Afrikaner osse ook diens doen met die fees.

As jy in graag hierdie voertuie en masjiene wil sien beweeg, haas jouself soontoe tussen 2 en 5 April vir die Kosmos Fees. Terloops, die plaas het selfsorg verblyf en kampeer geriewe.

Webwerf

Kontak nommer

Geen (voltooi vorm op webwerf)

Die Ratel
Die Ratel
Die Ratel is nog in 'n uitstekende toestand
Die Ratel is nog in 'n uitstekende toestand
Eland 60
Eland 60
Eland 90
Eland 90
Die Buffel
Die Buffel
Meer oor die Buffel
Meer oor die Buffel
Ons Manne het die Katsyusha Rocket Lancher gedoop as die Rooi Oog
Ons Manne het die Katsyusha Rocket Lancher gedoop as die Rooi Oog
Die wapen se vuurkrag
Die wapen se vuurkrag
Meer Inligting om die voertuig
Meer Inligting om die voertuig
Die Casspir
Die Casspir
'n Tank van die VSA
'n Tank van die VSA
Nog 'n Amerikaanse tenk wat steeds kan loop
Nog 'n Amerikaanse tenk wat steeds kan loop
'n Pragtige Stoom Lokomotief
'n Pragtige Stoom Lokomotief
Hulle kan nie wag vir April se rondry op die plaas nie
Hulle kan nie wag vir April se rondry op die plaas nie
Blink gepolitoer!
Blink gepolitoer!
Meeste van die Lokomotiewe staan veilig in 'n stoor en wag
Meeste van die Lokomotiewe staan veilig in 'n stoor en wag
Nog 'n pragstuk
Nog 'n pragstuk
Die Soutkop Explorerer
Die Soutkop Explorerer
Rooi gevaarte!
Rooi gevaarte!
Klassieke Pomptrollie
Klassieke Pomptrollie
Fiets wat op spore ry
Fiets wat op spore ry
Ossewaens het 'n belangrike rol in ons land gespeel
Ossewaens het 'n belangrike rol in ons land gespeel
Die Vaaljapie - nog 'n legende
Die Vaaljapie - nog 'n legende
Allis-Chalmers by die dosyne
Allis-Chalmers by die dosyne
Trekker met ou ysterwiele en stoomketel
Trekker met ou ysterwiele en stoomketel
Kruiptrekker van weleer
Kruiptrekker van weleer
'n Stoom roller
'n Stoom roller
Stoom hyskraan van De Beers
Stoom hyskraan van De Beers
Plaas Werktuie van weleer
Plaas Werktuie van weleer
Nog een van die oues
Nog een van die oues
Na alles wat jy by die uitstalling beleef, was dit nog 'n mooi dag in die Vrystaat
Na alles wat jy by die uitstalling beleef, was dit nog 'n mooi dag in die Vrystaat

Comments


Post: Blog2_Post

©2021 by Ons Reis. Proudly created with Wix.com

bottom of page