top of page

Doringkloof Boskamp is ‘n goeie basis vanwaar jy die Baviaans kan verken

Updated: Dec 17, 2025

Doringkloof Boskamp is naby die westelike hek van die wildernis gebied geleӫ. As jy dus vanaf Patensie se kant af inkom is dit een van die eerste kampe wat jy kry, en vanaf Willowmore se kant, een van die laastes.

Dit is sowat 2 km vanaf die hoofpad na die kamp self. Die kantoor is sommer by die hek. Terloops, jy kan hout by hulle koop as jy nodig het.

Daar is ook ‘n groot kaart geteken wat jou mooi beduie waar alles in die kamp en op die verskillende roetes is. Hier is verskeie roetes vir stap, bergfiets en 4x4 entoesiaste. Die roete wat uit die kloof loop na Kareedouw begin of eindig ook hier.

Elke staanplek het volop netjies groen gras. Die kamp het ‘n heerlike swembad vir daardie warm dae. By die staanplekke is daar ‘n kragpunt, lig, asdrom en kraan. Elkeen het natuurlik ook n groot vuurmaakplek vir jou braaivleis.

Die badkamers is van so aard soos wat jy by n boskamp sal verwag, maar baie netjies en meer as voldoende.

Die dam het na bewering vis waarvoor jy kan hengel. Daar is ook ‘n paar selfsorg eenhede.

As jy om jou kyk, sien jy hoe die  Kouga berge in die suide en Baviaanskloofberge in die noorde die kloof oppas.

Met voldoende water is hier n hele klompie spilpunte by Doringkloof en ander plase in die omgewing. Behalwe skape, word hier ook produktief geboer met angora bokke.

Ons het gehoor dat hier Boesman tekeninge op die plaas is, en het daarvoor gaan soek. Dit was bietjie meer soek was wat ons verwag het, maar is beloon met die tekeninge onder n krans.

Met voldoende water is hier ‘n hele klompie spilpunte by Doringkloof en ander plase in die omgewing. Behalwe skape, word hier ook produktief geboer met angora bokke.

Webwerf

Selnommer (verkieslik Whatsapp)

071 492 3470 (Adele)

 

 


Kyk gerus na ons video oor Doringkloof


Comments


Post: Blog2_Post

©2021 by Ons Reis. Proudly created with Wix.com

bottom of page