Yskoud by Gooderson Natal Spa

Updated: Dec 26, 2021

Op Vrydag 4 Junie 2021 boek ons in by Natal Spa en dit is behoorlik koud.

Ons het vanaf Centurion die tolpad gery in die rigting van Noord Natal. By Piet Retief het ons gedraai na Paulpietersburg en vandaar na Natal Spa. Die oord is min of meer in die middel tussen Paulpieterburg en Vryheid.

Ons betaal R800 vir die 2 nagte. Die kampplekke bestaan uit 30 staanplekke met 3 ablusies. Ons staan bo in die hoek, ver van die ontspannings gedeelte van die oord. Dit is lekker privaat, weg van die water en ook meer gelyk as die staanplekke teen die dammetjie. Die feit dat sommige staanplekke redelik skuins is, pla heelwat mense en was tereg een van die klagtes oor die oord wat ons raak gelees het.

Synde die gevolge van Covid oor die laaste jaar, is die oord in n aanvaarbare toestand. Die ablusie wat ons gebruik is byna spliternuut. Daar is ook een by die swembad en by tennisbane. Die onderste staanplekke is teen die water (dammetjie). Die Bivane rivier loop by die oord verby. Naby die rivier is die oog van die oord se warm mineraalwater. Naby daar is n hele spul waterglybane en vyf swembaddens van verskillende temperature. Die mini Golfbaan (teen R25 per kop) is baie kreatief uitgele. Daar is tennisbane, boogskiet, stap paadjies, n groot buitelug skaakbord en dan al die koue glybane en swembaddens om jou mee besig te hou. n Sokkerveld is ingerig vir allerlei aktiwiteite. Bergfietste is te huur en so ook die 4 wiel motorfietste.

Die oord het sy eie Spa wat behandelings en n binnehuise warm swembad insluit

Die verbyf is wissel vanaf die hotel, tot huise en kampplekke. As die oord vol is, moet daar beslis n fantastiese atmosfeer wees.

Daar is groot gladde rotse in die rivier wat daardie area baie fotogenies maak.

Die naweek is regtig koud, maar met die muur om die een gedeelte van die buite warmswembad, spring ons wel in ons swemklere en trotseer die water. Naby ons staanplek is die baan vir boogskiet wat ons ook probeer.

Dit is beslis 'n oord waarna ons sal terugkom.


Belangrike inligting

Webwerf

Kontak nommer

034 995 0300

Naaste Dorp

Ewe ver vanaf Vryheid en Paulpietersburg. Vryheid het heelwat meer besighede beskikbaar as Paulpietersburg



8 views0 comments