Vinnig stop by Namastat buite Springbok

Updated: Jun 16


Met ons 2021 trippie na Namakwaland stop ons weer by Namastat. Ons het voorheen (2016) ook hier gestop.

Die karavaanpark is geleë agter die Springbok Inn, en aankoms word juis by Springbok Inn aangemeld.

Die staanplekke is almal op gruis, soos wat mens kan verwag op Springbok. Meeste van die staanplekke is redelik klein, en ons karavaan pas net-net in. N ander gas met n Exclusive moes egter eenkant gaan staan om voldoende spasie te kry. Die badkamers is meer as voldoende, maar word nie goed skoongemaak nie. Ons bure het met bestuur gaan praat, maar daarvan het nie veel gekom nie. Die helfte van die karavaanpark is deesdae toegebou onder wendyhuisies. Ons sien dat daar gaste en ook kontrakteurs tuisgaan. Daar is dus so 10 karavaanstaanplekke oor. Meeste van hulle is effens skuins, maar mens kan darem plan maak. Die kragpunt het nie gewerk nie, en die opsigter het vir ons 'n kabel aangelê. Ons het darem 'n lekker braaiplek gehad, en oppad uit kon ons stop om ons karavaan se watertenk weer vol te maak.

Ons sal weer daar stop vir n noodgeval, maar hoop om volgende keer Springbok woonwapark te gaan probeer.












9 views0 comments