top of page

Staanplek op 'n plaaswerf, reg in die middel van die Karoo


ree

Ons het voorheen al gevind dat dit ’n redelike uitdaging is om ’n kampplek te vind wat ’n goeie dagreis met ‘n woonwa is vanaf Namakwaland terug na Gauteng. Die naam Joosteswerwe het opgeduik en met ons 2021 blommetoer het ons besluit om daar te boek.

Ons het die oggend vanaf Klawer vertrek en by Carnarvon van die meer bekende pad afgedraai, rigting Vosburg.

Sowat 40km buite Carnarvon kry ons die aanwysing na Joosteswerwe. Ons volg die grondpad vir 14 km voordat die plaaswerf en kampplek voor ons opduik. Kampplekke is die Karoo word nie op groen gras beplan nie, maar op grond, sand en klip. Moet egter nie dat die gebrek aan groen gras jou beroof van ’n besonderse ervaring nie! Langs die plaaswerf is ’n kamp met lusern waar die skape en perde smul. Ons was nie lank opgeslaan nie, toe het een van die perde reeds kom groet. Ons staanplek is onder ‘n groot boom met ons eie boma langsaan. Sonsondergang op ‘n plaas in die Karoo is natuurlik die perfekte plek om baie foto’s te neem, en so ook die hemelruim later in die aand.

Die badkamers verleen ‘n goeie voorbeeld van die Engelse woord ‘rustic’. Die mure is van sink, die dak bestaan uit die blou hemel of sterre, maar dit verskaf alles wat jy nodig het en is baie netjies. Tussen die kampplekke is daar verskeie ou plaastoerusting uitgestal wat deur diere getrek kan word.

Na ‘n aand van braai in ons eie boma (daar was geen ander gaste nie), sterre kyk, goed rus en ‘n vars stort vat, is ons die volgende oggend vort na die teerpad en verder die pad Noord.

Die volgende dorpie oppad Noord is Vosburg, wat beslis ‘n behoorlike besoek regverdig.

Kontak Joosteswerwe op 078 606 0706 of 083 268 1225. Op dieselfde nommers kan jy ook die familie skakel vir selfsorg op die plaas langsaan.



ree


ree

​Ingang vanaf R384

Mooi grondpad tot by plaaswerf


ree


ree

​Plaashekke vir die passasier se bydrae

​Plaasimplemente as padaanwysing


ree


ree

Perde kom groet

Voertyd


ree



ree


Badkamers is basies

en netjies


ree

Boomstort


ree


ree

Karoo braai

Karoo aande


ree



Post: Blog2_Post

©2021 by Ons Reis. Proudly created with Wix.com

bottom of page