top of page

Rustig by Bush Baby Lodge

Updated: Jan 3, 2022

Ons kom op Sondag 7 June 2021 by Bush Baby Lodge aan, nadat ons die oggend vanaf Natal Spa vertrek het.


So 2 afritte na die Hluhluwe afrit wys die GPS ons moet regs afdraai teen die aankomende oprit van die snelweg. Dit kan mos nie reg wees nie! Ons maak n ent verder n U-draai by die Engen eenstop en vind dan op afrit van die snelweg (ongemerk) aan daardie kant. Slegs die baan in n noordelike rigting het dus toegang tot die lodge, tensy mense ander planne maak.

Sowat 4 km grondpad na die afrit, kry ons die lodge. Die lodge is tussen die pragtigste bome gelee, en ons voel dadelik tuis. Na kamp maak, gaan stap ons in die wildkamp, net voor sonderonder. Toe ons weer sien, is ons verdwaal, en dit raak vinnig donker. Die selfoon sein kom en gaan, maar gelukkig (na gebed), antwoord die eienaar. Hy stuur ons n location, sodat ons na nog n halfuur se rondtas met n selfoonliggie, die lodge se ligte kry.

Daars is seker so 8 ongemerkte staanplekke wat aan die wildkamp se kant van die kamp is, en nog 8 aan die ander kant. Die bome is massief (die Hollandse eienaar vertel dat hy in 2007 daar gekoop het en alles moes regmaak, maar hy het geweet dat bome tyd vat om te groei, en dit was die aantrekking van die plek vir hom).


Die staanplekke is onder pragtige bome


Saans kan jy heerlik vuurmaak


Die badkamers is goed versorg


Kampeerders kan 'n toegeruste kombuis gebruik


Daar is ook ten minste 10 huisies wat selfsorg is. Die lodge het n baie lekker swembad (ons het hom nie getoets nie), en n restaurant. Saans om 7 uur word die nagapies gevoer voor die restaurant en gaste kan kom kyk.


As jy nie wil kamp nie, kan jy die selfsorg gebruik


Die ablusies is nie 5 ster nie, maar meer as voldoende. Daar is ook n kombuis wat bestaan uit stowe en wasbakke vir kampeerders se gebruik. Die staanplekke het nie braaigeriewe nie, maar daar is n groot blad waar almal saam kan braai tussen die staanplekke. Ons het naby aan hom opgeslaan en goed benut.

Die water is brak en ondrinkbaar. Die eienaar suiwer water wat dan in bottels beskikbaar is vir die gaste se gebruik.


Kuier area en swembad is beskikbaar vir die warm dae


Naby die kampplekke is 'n dammetjie met visse en drinkplek vir die wild


Teen R240 per nag is dit beslis goeie waarde vir geld. Soos die ander plekke gedurende lockdown was dit hier ook baie stil, met 3 ander karavane in die park.

Dit is beslis 'n kamp om na terug te kom.


Belangrike Inligting

Webwerf

www.bushbabylodge.inn.fan

Telefoon nommer

076 953 7063

Naaste Dorp

Hluhluwe ( Bush Baby Lodge is so 5 km suid van die dorp)

Ander Belangrike inligting

Dit is die perfekte kampplek waarvandaan jy Hluhluwe wildtuin kan verken. Geen kampplek in die wildtuin nie



15 views0 comments
Post: Blog2_Post
bottom of page