top of page

Rus uit op die oewer van die Oranje

Ons trippie na Namakwaland in Augustus 2021 begin vanaf Centurion. Ons besluit om so ver moontlik op dag 1 te ry. Naby Upington is dit darem tyd om af te saal, en Oranjerus is die naaste plek wat ons kan kry.


ree

Ons ry deur n pragtige hek vanaf die hoofpad. Die tipiese Upington omgewing volg, synde droë aarde om ons en dan n lushof teen die rivier.


ree


ree

Die kampplekke in nie duidelik afgemerk nie, maar ons spoor n boom met kragpunt en braaiplek op. Wat meer is dan nodig? Die ablusies is netjies en heeltemal voldoende. Die storte bestaan uit n hokkie met n wasbak en dan n aparte stort met n glasdeur uit hierdie vertrekkie.

Daar is ook n afsonderlike vertrek met opwasplek vir skottelgoed. Die Oranje vloei sommer teenaan mens verby en mens vergeet sommer maklik dat die n baie droë wereld is waardeur dit vloei. Die oord het ook verskeie selfsorg eehede en 'n restaurant. Soos mens by ontvangs aankom, is daar aan die regterkant ook heelwat selfsorg huisies. Om die karavaanpark is ook heelwat van hierdie huisies, en ook n hele paar kamers/hotel gedeelte.


ree

ree

ree

Daar blyk heelwat te doen te wees in Upington en hierdie is beslis ‘n plek om weer te besoek.


ree

Die volgende oggend moet ons egte oppak, want Springbok en die blomme wag

Comments


Post: Blog2_Post

©2021 by Ons Reis. Proudly created with Wix.com

bottom of page