Oornag in Bloemfontein by Reyneke Park
- Heinrich van Wyk
- Apr 4
- 1 min read
Updated: Apr 5

Bloemfontein is 'n voorkeur oorstaanplek vir diegene van ons wat karavane sleep tussen die Kaap en Gauteng. Daar is basies 3 opsies beskikbaar : River of Joy, Maselspoort en Reyneke Park.
Ons het in Februarie 2025 by Reyneke Park oornag. Nadat ons die admin by Ontvangs afgehandel het, het een van die vriendelike dames ons na ons staanplek begelei.
Die meeste van die staanplekke het privaat ablusies en kombuise, en is perfek vir een nag. Die badkamer en kombuis is pragtig skoon en alles in ‘n goeie werkende toestand. Daar is ook ‘n gewone kragpunt waar jy jou karavaan se kragpunt kan koppel. Die staanplekke is basies om ‘n huisie gebou wat ‘n paar staanplekke se kombuise/badkamers bevat.
Die park het ‘n groot swembad. Die kinder speel-area het al beter dae beleef maar is goed genoeg om by oor te staan.
Daar is ook heelwat kamers te huur en dan parkeer gaste ook sommer reg by hulle kamers. Ons merk op dat dit ideaal is vir mense wat nie meer so mobiel is nie.
Deur die nag het die vragmotors wat erts vanaf die Noord-Kaap aanry hawe toe, onophoudelik verby gery. Tog was dit ‘n veilige en gerieflike plek vir ons, eintlik ideaal in ons omstandighede.
Om by Reyneke Park uit te kom, neem die N8 afrit vanaf die N1, draai wes in Walter Sisuluweg en dan kry jy die oord sowat 3km verder aan die linkerkant

Webwerf | |
Telefoon | 051 523 3888 of 082 909 1500 |
Comentários