top of page

Ons gaan Abba

Updated: Dec 26, 2021

Abba Game Lodge


Abba Game Lodge is gelee in Limpopo








Ons besoek Abba Game Lodge in Maart 2021.

Vanaf Centurion ry mens Noord op die N1. By die Kranspoort tolhek, draai jy links na Modimolle (Nylstroom). Dit is vinnig tot in die dorp, maar hou reguit deur die dorp, verby Kakanje en later verby Wees Gerus op die Vaalwater pad. n Paar kilometer verder draai ons links op die Donkerpoort dam pad.

Dit is n grondpad wat dele sinkplaat en dele sanderig is. Na die vorige week se reen is daar baie min stof. Sowat 4 km verder is die Donkerhoek dam regs van die pad, en nog sowat 6 km verder volg Abba Game Lodge regs.

Die elektriese hek is toe met ons aankoms, maar na n paar minute word ons raak gesien. Die oord kort n goeie grassny na al die reen, en dis ook hoekom Alfus daarmee besig is en nie op diens by die hek is nie.

Ons betaal, kry 2 rolle toiletpapier en word na ons staanplek beduie. Ons is bietjie onseker hoekom ons n nommer kry, want daar is Niemand anders in die kamp nie. Laat middag volg mense met n tent, en dan is daar drie paartjies wat met hulle musiek voortuit in die chalets aanmeld. Die chalets naby die viswater het ook n gesin, wat heelwat stiller is.

Ons staanplek is lieflik met n mooi lapa wat toegerus is met elektrisiteit, lig en beton tafel en bankies. Daar is ook n kraan en braaiplek n entjie weg van die lapa af.

Ons staan naby die ablusies wat skoon en heel skaflik is. Ronel dink hulle kant se gedeelte met die bad kort n behoorlike herstel. By die manne is daar 3 toilette, krippies, 3 wasbakke en 4 storte. Die storte het nie n bankie nie; dus laat jy jou klere maar op die skoon vloer terwyl jy stort.

Naby die kantoor is die groot dam, waar mens mag visvang en bootjie mag roei of trap. Die koue water swembad is nie meer nuut nie, maar is skoon en veilig. Daar is ook n kinder swembadjie. Die warm water swembad is onder n gras afdak gelee, met seilmure om die hitte binne te hou.

Daar is ook n buite skaakbord en mini-golfbaan. By die kantoor is n winkeltjie en n klein restaurant.

Ons gaan stap Saterddag oggend in die wildkamp, maar draai vinnig terug. Na al die reen is die paadjie behoorlik toegegroei.

Ons kampfooie is R350 pn vir Vrydag, Saterdag en Sondagnag

Teen die dam is 3 A-raam huise met 4 beddens elk. Daar is by die ingang 4 luukse 2 bed chalets, en rondom die kampeer area is daar heelwat 4 bed en 6 bed chalets.

VIr ons was die super rustig, en ons het dit baie geniet. Of Abba sal voortbestaan met sulke lae besetting syfers, weet nugter. Ongelukkig moet hulle maar elke Rand vat wat hulle uit n bespreking kan maak, of die gaste nou lawaai of nie.

Daardie deel raak maar n bose kringloop as ons na die reviews kyk.



Belangrike Inligting

Webwerf

www.abbagamelodge.co.za

Kontak nommer

087 820 5298

Naaste Dorp

Modimolle (Nylstroom). Die oord is 18 km buite die dorp







Post: Blog2_Post
bottom of page