top of page

Kamp tussen die Groot 5 binne 40 minute van Centurion - gaan na Kyleu !

Updated: Dec 26, 2021

Ek en Ronel besoek Kyleu op die naweek van 8 en 9 Mei 2021. Die Vrydag oggend vat ons die pad op die N1 na Bela Bela vanaf Centurion. Buite Pretoria neem mens die afrit van die N1 na Hammanskraal. Draai regs by kruising, gaan oor die snelweg en net daarna draai mens weer links.

Na sowat 5 km kom die mens tot stilstand by die parkhek, hierdie een genoem die Tau hek. Toegang word registreer (ek het n online n pas gekoop). Na 8 km draai n pad regs af na wat die toegangspad na Kyleu is. Dit is n heel goeie grondpad en 3 km later draai mens in op die eiendom. By die hek aangekom, word ons deur Peter verwelkom. Hy gee ons die detail van die Dinokeng reels, en ontvang ons vriendelik op Kyleu. Na padaanwysings na ons staanplek, is ons verlig om verder te ry.

Ons ry deur die elektries omheinde werf van Kyleu, na ons staanplek buite die drade. Hier is ons tegnies in Groot 5 terrein. Ons besoekers oor die naweek is egter beperk tot rooibokke en zebras.

Die staanplek is eenvoudig uit die boonste rake. Dit is privaat (naaste bure meer as 50 meter weg), en GROOT. Ons kombuis en ablusie werk met sonkrag en gas. Daar is n draagbare braaier en later bring die werkers vir ons n sakkie sekelbos vir die aand. Saterdag kry ons weer n sakkie hout (mens kan meer koop as jy wil).

Die ablusie het n toilet en stort. Dit is baie netjies. Die mure is nie tot bo nie, dus bietjie koel op n aand in Meimaand! Die kombuis (opwas gedeelte) is meer as voldoende vir n boskamp.

Met geen van die groot 5 in sig nie, gaan stap ons deur die kamp. Teen die stroompie se kant is 3 staanplekke wat geen geriewe het nie (dus net n stuk grond met n drom vir vuurmaak). Die ander staanplekke is soortgelyk aan ons staanplek. Ons dink met reg dat ons nommer 10 die beste een in die kamp is. Daar is tans bouwerk aan die gang vir nog soortgelyke staanplekke binne die elektriese heining wat die totale staanplekke seker tot 25 sal opskuif.

Teen donker geniet ons die sekelbos in die drom wat hulle verskaf en braai 'n lekker vleisie. Die sonsondergang is asemrowend soos net die Bosveld kan! Teen donker sien ons die ligte en hoor van die Saterdagaand klanke van Hammanskraal in die verte.

Ons was nie baie meegevoer met Dinokeng nie. Daar is oulike goed soos piekniekplekke met geriewe. Ongelukkig is daar baie eilande waar die eienaars nie deel van die reservaat is nie. Daardie paaie is dan toegemaak. Dit beteken dat mens by n hoofpad afry en dan tientalle klein paadjies agter hierdie eiendomme moet neem om by jou bestemming uit te kom.

Peter was beslis reg dat die Dinokeng is, en nie n klein Kruger Wildtuin nie.

Die grootste voordeel is dat Dinokeng 40 minute van ons huis af is, wat wel sy voordele aan tyd en brandstof besparing het. Daar is nog n hele paar kampplekke in Dinokeng wat ons graag sal ondersoek.

Kyleu is beslis n besoek werd. As mens n jou toerusting wil toets om sonder geriewe in die Botswana bos te gaan staan, is dit n goeie begin vir Gautengers.


Belangrike Inligting

Webwerf

www.kyleu.co.za

Kontak nommer

060 458 4478

Naaste Dorp

Kyleu is soos die kraai vlieg so 5 km oos van die Hammanskraal afrit vanaf die N1





Post: Blog2_Post
bottom of page