top of page

Kamp teen die Olifantsrivier

Rondeberg is teen die Bulshoekdam geleë, sowat 30km Noord van Clanwilliam. Ons het die oord in 2016 besoek en by die private karavaanstaanplekke gestaan (daar is jou private badkamer en kombuis langs jou karavaan).



In 2021 besoek ons die oord weer. Die oord is duidelik baie gewild, maar ons besef ook dat die eienaars nie op elke moontlike plek ‘n staanplek wil skep nie. Die oord is ruim en die gras is pragtig groen langs die dam.

Ons staan op staanplek G1, heel voor links teen die dam. Daar is ablusies naby ons, wat bestaan uit n toilet, wasbak en stort. Daar is geen afskorting vir die stort nie, met die gevolg dat die vloer en toilet redelik nat is teen die tyd dat jy mooi skoon is. Wat meer belangrik is, is dat die badkamers heeltyd skoon was tydens ons besoek.

Daar is ook ander groter ablusies aan die bokant van die staanplekke.

Ons het n kragpunt, kraan en braaier op ons staanplek. Dit, saam met n dam voor ons, is naby aan die perfekte staanplek. Die gras is groen en die oord is goed versorg.

Ek koop hout by ontvangs. Vir R30 kry ek sommer n groot pak bloekomhout wat lekker brand.

Aan die suidekant van die oord is daar n paar selfsorg eenhede, so ook links van ons staanplek. Die nuwes (suid), maak ook voorsiening dat daar n karavaan langs die eenheid kan inpas wat n baie goeie idee is.



Ons geniet die oord baie. Daar is baie stapplek tussen die boorde en plek vir watersport as jy energiek is (of beter weer het).

Kom ons terug? Besliste “JA”!















Private Staanplek


Ablusies

Belangrike inligting

Webwerf

Telefoonnommer

021 100 3689

Adres

Teenaan N7, 22km noord van Clanwilliam



5 views0 comments
Post: Blog2_Post
bottom of page