top of page

Besoek 'n behoorlike warmbron by The Baths

Met ons 2021 Namakwaland toer, stop ons vir 2 dae by The Baths. Ons het voorheen daar gestop en dit baie geniet.

Voorheen was die laaste klompie kilometers na die oord ‘n redelike ernstige grondpad. Nou is die pad pragtig geteer en ‘n baie aangename rit vanaf Citrusdal.

Met ons bespreking word staanplek 22 aan ons toegeken, want dit is die regte grootte vir ons karavaan. Staanplek 22 is baie naby aan die hek.


Die kampplekke loop dan al teen die pad en stroompie op tot by die kantoor en swembaddens. Die staanplek is gelyk, het sy eie kragpunt, ‘n draagbare braaier en n asdrom. Die ablusies is slegs 20 tree van ons stoep af. Dit bestaan uit 2 afsonderlike toilette, en mans en dames storte met wasbakke. Dit is besonders skoon en netjies. Daar is verskeie ablusie blokke deur die oord.

Naby die kantoor is die koue swembad, die oop warm swembad en die jacuzzis. Agter die speelkamer is die trappe na die boonste warm buitelug poele. Hierdie is beslis die lekkerste deel van die oord. Warm water loop permanent een kant in, en loop weer die anderkant van jou private poel uit.



Daar is heelwat selfsorg eenhede naby die swembaddens, en met ons besoek baie gewild. Inteendeel, ons kon slegs plek kry vir 2 van die 4 dae wat ons daar wou deurbring.



The Baths getuig van n ou oord wat baie jare goed onderhou en opgebou is. Mens kan nie ‘n fout maak om dit te besoek nie.

Ons hoop om weer daar te gaan ontspan.


55 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page