top of page

Wat kan jy verwag in Morgan Bay

ree

Sommer met die inry in die dorp besef ons dat hierdie ‘n baie rustige plekkie is. Ons parkeer by die kampterrein en stap na die hotel vir inteken en betaling. Die kampplek is teen die riviermonding geleӫ. Met ongeveer 50 staanplekke is dit klein genoeg om goed versorg te word en nooit besig te voel nie. Die badkamers het aparte blokke vir mans en dames, opwas geriewe en ook wasmasjiene. Die badkamers is duidelik onlangs oorgedoen en die netheid is heeltemal in ‘n klas van sy eie teen ander kampplekke.

Ons kies die staanplek verste weg van die rivier en die see. ‘n Volle sewentig meter se stap dan was ons op die sand. Mens stap deur die stroompie van die rivier wat jou na ‘n strand lei waar jy ver kan gaan stap in ‘n oostelike rigting. In ‘n westelike rigting is heelwat rotse. Hoewel dit amper heeltyd met ons verblyf reӫn, voel die lugtemperatuur meer soos Natal en minder soos die Kaap.

Ons ontmoet heelwat van die gaste wat jaarliks vir ‘n maand of meer op Morgan Bay kom kampeer. As ons die rustigheid en netheid in ag neem, is dit te verstane dat kampeerders weer en weer hierheen kom.

Die strand is baie veilig om te swem en lang afstande in ‘n oostelike rigting te stap. Ons het een oggend ‘n groot groep mense gekry wat met hulle brander borde die see in is vir ‘n baie vroeӫ swem. Die vroegoggend uitsigte en lugspieӫlings is uit die boonste rakke.

Een teleurstelling wat ons gehad het, is dat die Motorfiets Museum (geleӫ waar die Morgan Bay pad afdraai vanaf die Keimond pad)  besig was met onderhoud en ons nie daar kon inloer nie. Met dit wat ons gehoor is, is hierdie plek beslis ‘n besoek werd.

Vanaf Morgan Bay verken ons ook die Dubbelmond kampterrein. Om daar uit te kom, volg mens bloot die straat by die hotel verby, gaan dan die kop uit en dan die Oos-Kaapse Parkeraad se terrein binne. Na ‘n pragtige uitsig oor die oseaan, is dit ‘n kort afdraand tot by Dubbelmond. By aankoms daar betaal ons as dagbesoekers. Daar is ook kampeerderes in tente en karavane. Dit blyk ‘n goeie plek te wees vir visvang. Die kampterrein het na al die reӫn nie baie aantreklik gelyk nie. Die grond  was baie nat en modderig. Na ‘n 20 minuut stappie oor die rotse het ons die rivier van Dubbelmond bereik. Die naam is afkomstig van die Kumqotwane en Quko riviere wat ‘n paar honderd meter voordat hulle see bereik saamvloei om ‘n enkelle riviermond te vorm.

Dit wil voorkom of die Morgan Bay Hotel die middelpunt van alle in die omgewing is. Die hotel is baie gewild en met ons besoek het ‘n groot busvrag gaste daar ingeboek. Ons is aanbeveel dat die Hotel se restaurant een van die plekke in die omgewing is waarop mens nie moet uitmis nie. Ek hoop ons kan weer daarlangs gaan om eerstehands te rapporteer!

'n Kort video van ons besoek


Comments


Post: Blog2_Post

©2021 by Ons Reis. Proudly created with Wix.com

bottom of page