Wat bied die Hluhluwe-iMfolozi Park vir die besoeker?

Ons besoek aan die Hluhluwe-iMfolozi Park in 2021 was een van die beste verrassings van ons Noordkus toer.

Vanaf Hluhluwe ry ons sowat 30 km tot by die Memorial hek. Ons eerste lekker verrassing is dat die park ons WildCards aanvaar, en ons dan niks betaal om as dagbesoekers in te gaan nie. By die hek is daar toiletgeriewe en stalletjies om die plaaslike inwoners se handewerk te ondersteun.



Die 2 parke, Hluhluwe en iMfolozi het in 1989 saamgesmelt om die groter park te vorm. Die 2 dele word met ‘n enkele teerpad saamgevoeg, hoewel die R618 pad ook deur die park loop. Die park bied die groot 5, hoewel ons nie gelukkig was om die katte daar raak te loop nie.

Suid van die Memorial Gate neem ons ‘n paar kilometer teerpad en vandaar ry ons van die grondpaaie. Ons loop heelwat renosters raak, wat uiteraard goeie nuus is.





Daar was ook heelwat piekniekplekke in die park, wat dit baie vriendelik vir besoekers maak.



Daar is geen kampplekke vir karavane binne die park nie


. Die ‘hoofstad’ van die park is die Hilltop kamp wat ‘n pragtige uitsig oor die vlaktes bied. Hilltop is in die noordelike deel gelee, terwyl Mpila die grootste kamp in die suidelike iMfolozi gedeelte is.

Ons het ons besoek in 2 dae verdeel. Eerste het ons die Hluhluwe gedeelte besoek, en die volgende dag die iMfolozi gedeelte van die park.


In die Noordelike kant van die iMfolozi gedeelte is die Centenery met 'n pragtige piekniekplek, stalletjies, toiletgeriewe en wegneem-etes.



Die personeel by die Nyalasi hek raai ons af om daar uit te gaan, synde die padwerke buite die park.

Dit laat ons met ’n lang stuk pad om in n kort tyd binne die park af te lê. Ons kry ’n groot uitdaging toe ’n olifantbul ons nie wil laat verbygaan nie. Na meer as ’n kilometer se agteruitry, kom daar darem ’n voertuig van die parkeraad wat ons help om by die olifant verby te kom.

Ons sal graag wil teruggaan, en ook om ’n nag of wat daar oor te bly.


















Belangrike inligting

Webwerf

Telefoon nommer

033 845 1000



4 views0 comments

Recent Posts

See All