Kamp by Kosi Mond

Updated: Jan 3

Ons kom op Woensdag 9 Junie 2021 by Utshwayelo Kosi Bay Lodge aan. Ons het die R22 vanaf Hluhluwe geneem en dis werklik n baie mooi pad. By die laaste dorpie (Manguzi) is daar padwerke. Die konstruksie werkers was ongelukkig met iets en besluit om die pad te sluit en te betoog. Na 30 minute of wat, is hulle meer tevrede en kan ons deur die stop/ry gaan en kom veilig by Kosibaai aan.

Die hele atmosfeer is platteland, ongerep en soos die Engelse graag praat – Rustic.

Die 4 km vanaf die R22 is n grondpad, rybaar met enige voertuig met die nodige respek.


Utshwayelo Bay Mouth Lodge and Camp is 'n gemeenskaps projek



Die staanplekke het rietmure wat 'n lekker atmosfeer is en 'n uitdagende parkering


Die ingang is tipiese grasdakhek, met sandpaaie waar jy kyk. Ons betaal by Anna en sy gaan wys ons waar ons kampplek is. Elke kampplek is toegemaak met riete wat n pragtige atmosfeer gee. Die maak egter n karavaan se parkering moeilik. Jy moet inry, om die boom en weer uit. Daar is baie sand sodat mens die gebruik van die mover probeer beperk.

Met al die jare se vernuf kry ons die karavaan mooi parkeer. Daar is n ronde drom braaier, asdrom en kraan by die staanplek. Mettertyd raak ons gewoond aan die riete om ons, en kamp eintlik baie lekker daar.

Die ablusies het n toilet, wasbak en stort in die dieselfde vertrek. Die mure is gedeeltelik van steen en van riete. Die stort het nie n dak bo hom nie, en die illusie is dat dit n baie koue stort is. Met die digte mure, is dit eintlik n baie lekker stort, hoewel die badkamer uitdagings gehad het na so dag of wat se reen.


Die storte het baie lekker warm water, hoewel geen dak nie


Die badkamers was heeltyd skoon


Daar is ook selfsorg huisies op die perseel, met seker so 20 staanplekke in totaal.

Daar is n mooi kroeg, n splinternuwe swembad, onderdak kuierarea en ook n gemeenskaplike braai/kuier area.


Die beste plek in die somer


Om die swembad is 'n heerlik kuier area


Die ontvangs is basies, voldoende met vriendelike mense


Buite die hek is die pad na die KZN Wildlife se hek (100meter verder). Die oord verkoop ook toegang na die park wat hoofsaaklik beteken dat mens kan ry/stap na Kosi Mond wat so 2.5km verder is.

Enoch en Mike is die bestuur by die lodge. Enoch het vir ons gereel om n boottrip na die 3 mere te doen. Hulle is baie vriendelik en hulpvaardig.


Belangrike Inligting

Webwerf

Kontak nommer

082 909 3113

Naaste Dorp

Manguzi is tegnies die naaste. Dit is maar 'n klein dorpie. Die Grenspos na Mosambiek is tussen Manguzi en Kosi. Hierdie kamp is die ideale kamp om die mond te besoek, maar daar is goeie alternatiewe vir die mere

​Meer inligting op die link na die YouTube Video van die oord




20 views0 comments