top of page

Vars Boeremark in Ballito



Regoor Suid Afrika het daar oor die jare verskillende boeremarkte opgespring. Van hulle is baie lank aan die gang en dit het ’n instelling vir vakansiegangers geword om elke jaar daar in te loer. Vir die plaaslike mense word hierdie markte ’n deel van hulle maandelikse inkopies en uitstappies.

Die Pretoria Boeremark wat voorheen by die Pioniersmuseum was, en nou straat-af geskuif het, is ‘n goeie voorbeeld van een so instelling. In die Suid Kaap by Segdefield is hulle mark goed oppad om dieselfde tradisie te ontwikkel.

In Natal het ek nog nie so ’n mark raakgeloop nie, totdat die Ballito Boeremark die afgelope jaar sy verskyning gemaak het. HIerdie mark het al die karakter trekke om oor jare so ‘n suksesvolle instelling te word.

Die mark is geleë net buite Umhlali (letter ‘n paar honderd meter verby die polisie stasie). Vanaf Ballito ry mens noord op die N2, neem die Umhlali/Saltrock afrit en draai ‘n paar kilometer verder oor die treinspoor na die mark.

Daar is volop parkering met personeel wat vir jou aanwys waar om te parkeer. Die hele ontwikkeling is splinternuut, so moenie verwag dat jy jou voertuig onder ‘n boom gaan stop nie. Die verskillende gedeeltes is goed uitgelê en jy gaan slegs in Desember voel dat daar bietjie baie mense in jou persoonlike ruimte is.

Met jou aankoms stap jy direk vas in die groente en vrugte afdeling. Hierdie stalletjie het genoeg voorraad, is goed geprys en die produkte is vars. As jy ‘n plek ‘n BOEREMARK wil noem, moet jy so ‘n stalletjie as die kern hê!. Die gedeelte onder dieselfde dak pas uiteraard aan by kosdinge soos eiers, honde lekkernye, blomme, vrugte sappe en alles wat jy kan verwag in so afdeling.

Die volgende afdeling het weer volop klere, juweliersware, leerware, speelgoed en geskenke. Ons kon nie ‘n enkelle item vind wat ”made in China” is nie. Alles hier is plaaslik geproduseer.

Dit alles lei natuurlik na die wegneem ete gedeelte. Jy kan hier smul en drink aan alles wat jy jou kan verbeel by so ‘n mark kan wees.

Daar is volop speelplek vir die kinders. Elke dag is daar verskillende kunstenaars wat jou ook nog vermaak.

Die mark is ELKE Saterdag en Sondag (en publieke vakansie dae) oop vanaf vroeg tot 14h00.

As jy aan die Noordkus gaan uitspan, moet dit nie mis nie!

Al die kontakinligting is by https://ballitofarmersmarket.co.za



9 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page