top of page

Stop halfpad by hierdie Rooi Kar





Wanneer mens praat van lang paaie, is daar heelwat van hulle in Suid-Afrika wat nou net voel dat hulle nooit einde kry nie. Die berugte langste reguit pad in die land, die bekende 222 km tussen Bloemfontein en Colesberg is van die bekende voorbeelde.

Vir my is een van die moeilikes die pad tussen Kuruman en Upington. Gelukkig is daar in die middel van hierdie pad ‘n padstal om hom te breek : 126 km vanaf Kuruman en 136km vanaf Upington.

Die padstal gee lewe vir die mense in die omgewing, maar ook ‘n welkome lafenis aan ons reisigers. Daar is genoeg om van die koop in die winkel : tuisgebak, handwerk en hope konfyte. As jy ietsie vir die familiie moet saamneem, is hier die kies en te keur. As jy iets wil kry om jou energie te laai vir res van die pad, stap om die gebou, en bestel ‘n melkskommel of ‘n ligte ete.

Daar is ook meerkatjies en ander plaasdiere om jou en jou kinders mee besig te hou terwyl julle vir die ete wag. Natuurlik ontsien mense op die platteland nie om jou help nie: my versoek vir ‘n Kleiner pakkie koeksisters was ‘n opmerking, en die volgende oomblik toe word daar spesiaal vir my so pakkie opgemaak.

Nou ja, as jy weer daardie pad ry, stop gerus en herlaai jou batterye!










Post: Blog2_Post
bottom of page