top of page

Snorkel by Kosi


Tydens ons verbly by die Utshwayelo Kosi Mouth Lodge & Camp was dit die ideale geleentheid om die Kosi baai mond te besoek. Net buite die kampterrein is n hek waar toegang betaal moet word aan die Parkeraad om die area te besoek. Met ons besoek in Junie 2021 was die padwerke vinnig aan die gang om die roete vir alle voertuie begaanbaar te maak. Die eerste gedeelte (teen die koppie af) is reeds verbeter en is self deur n gewone sedan begaanbaar.


Die laaste 2 km na die mond was altyd slegs vir 4x4 voertuie


Net voordat mens die water bereik, was n gedeelte waar ons deur deur die water moes ry, maar die padbouers besig is om n brug te bou.

Op een van die laaste draaie van die afdraand, is n paadjie wat na n uitsigpunt lei. Hiervandaan het mens n pragtige blik op die strandmeer en ook die nader mere in die stelse. Die viskrale kan hiervandaan baie mooi gesien word.


Die roete loop baie naby aan die meer

Net meer as n kilometer verder bereik mens die parkeerterrein by die mond. Daar words legs 12 voertuie op enige tyd toegelaat. Met ons besoek was die viertrek vermoens van ons bakkie nogal handig, want sonder dit sou ons bietjie gesukkel het.


Parkeer terrein by die mond

By die parkeerplek is ook ‘n paar piekniekplekke en kan mens n heerlike dag daar deurbring. Die parkeerterrein en piekniekplek is teen die strandmeer.

Ons het deur die water gestap om aan die oorkant by die strand uit te kom. Op een plek was dit nogal diep en moes ons swem (uiteraard bepaal die getye die diepte). By die see was die allermooiste snorkel gedeelte. Ons het al van die akwarium as die bynaam gehoor. Hier is baie visse en beslis n besoek werd.


Om by die strand uit te kom moet die water gekruis word


Die hele pad is nog nie opgradeer nie


Belangrike Inligting

Hoe om daar uit te kom

​Die maklikste is om Utshwayelo Kosi Bay Mouth Lodge op jou GPS te laai. Die hek van die Parkeraad is 100 meter na die hek van die Lodge

Opgedateerde Inligting

Die mees praktiese is om die bestuurder by die Lodge te skakel: Enock by 084 644 2104


12 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page