top of page

Praktiese kampplek net buite Upington - Kalahari Monate Lodge




Die lodge is 13 km buite Upington op die R359 in die rigting van die Kgalagadi Nasionale Park geleë.

Hoewel daar 2 selfsorg huise is, het die kamp heelwat (seker by die 40) staanplekke vir karavane en tente. Die staanplekke is rondom die swembad/piekniek area geleë. Wanneer jy deur die kamp se hek gaan, het die eerste staanplekke almal grond en gruis en die ander helfte het pragtige groen gras.

Daar is met klip en sement pragtige braaiplekke tussen die staanplekke gebou. Elke staanplek het ook ‘n kragpunt en ‘n kraan. Die verskaffing van 'n sement tafel en bankies by elke staanplek is baie handig.

By staanplek nommer 32 het ons baie goeie wi-fi ontvangs gehad wat die oord gratis beskikbaar stel.

Die badkamers is meer as voldoende met toilette, wasbakke en storte. Agter die badkamers is ook wasgoedlyne.





Die swembad area is baie goed ontwikkel. Die swembad het ‘n glybaan vir kinders, ‘n klimraam, swaaie, lapas en braaiplekke.







Die lodge het ook sy eie troppie springbokke wat daar rondloop.

Mens kan die verkeer na en van die Kgalagadi hoor, maar dit pla nie regtig nie. Sodra dit donker word raak die pad doodstil. Dit is interessant om die voertuie dop te hou: voertuie wat duidelik vakansie gangesrs is met hulle sleepwaens en woonwaens, aflewering vragmotors, die plaaslike mense se bakkies het sleepwaens wat skape of bokke vervoer na Upington en aankope terugneem na die Noorde en bakkies wat waentjies met diesel houers sleep.

Soos genoem is Upington sommer om die draai, en daarom is dit 'n baie praktiese plek om te staan as jy oppad is na die Kgalagadi.






Waar?

13 km noord vanaf Upington op die pad na die Kgalagadi

Webwerf


Post: Blog2_Post
bottom of page