top of page

Kyk die viskrale met die 3 mere toer


Ons besoek viskrale in die mere

Ons ontmoet ons skipper by die Enzemvelo KSN Wildlife se Kosi baai kampeerterrein. Daar is 15 staanplekke teen die meer, en die kamp lyk beslis n besoek werd.


Ons word verduidelik hoe die mere-stelstel werk


Voordat ons aan boord gaan, word die mere- stelsel mooi verduidelik.

Ons vaart begin op Lake Nhlange, daarvandaan na Mpungwini en dan na Makhawulani. Amanzimnyama is nie toeganklik vir boortvaarte nie, en so ook nie die strandmeer by die mond nie.

Ons vaar direk oor die meer na die ingang van die kanaal wat ons Nhlange verbind met Mpugwini. Dit is n nou kanaal en ons vaar baie stadig daardeur. Daar is heelwat voellewe en teen die walle rus daar n hele paar likkewane wanneer ons verbyvaar.


Likkewaan

Kiewiet


Op n stadium is daar tekens van beskawing teen die kant van die kanaal. Ons hoor dan dat dit die oorgang is van die mense wat op die duin teen die see bly om by winkels of werk te kom, en die kinders by die see. Op die terugvaart is die skoolkinders juis oppad huis toe. Hulle klim op die klein vlot en trek hulle self dan oor die kanaal. Dit is n ander soort skoolpatrollie hierdie! Ons word mooi gevra om nie fotos te neem nie.


'n Eeue-oue stelsel van viskrale teen die kant van die mere


Die mere is ook die tuiste van 'n aantal seekoeie


By Mpungwini is pragtige voorbeelde van die viskrale van die Tsonga mense. Hulle gebruik die viskrale al 100de jare. Dit visse probeer die see haal vanaf die mere, en swem teen die kant om kos te vind. Die krale is so opgestel dat hulle daar kan inswem, maar nie kan uitswem nie. Die vissermanne kom oes dan die vis soos benodig. Daar is ook geen behoefte om die vis te verkoel nie, want dit bly lewendig in die viskraal. Die viskrale word oor lang tydperkte na volgende lede van die dieselfde familie oorgedra.

Die kanaal na Makhawulani is baie kort. Ons kry hier seekoeie teen die kant en op die verste punt word ons verras met flaminke in die meer wat later opstyg om n pragtige verblyvlug vertoning te lewer.


Flaminke vergas ons met 'n verbyvlug


'n Stop in die mere-gebied gee ons kans om bene te rek


Na ’n stop in n kleiner kanaal, keer ons terug. Die terugvaart is minder aangenaam toe ons deur n reenbui oorval word.

Die vaart is beslis nie 'n avontuur uitstappie nie. Daar is wel geleentheid om besonderse foto's te neem en 'n gebied te besoek wat nie op 'n ander manier moontlik is nie.


Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page