top of page
Writer's pictureHeinrich van Wyk

Keukenhof - die plek van tulpe



Keukenhof is ‘n baie groot toeriste trekpleister in Holland. Dit gaan oor blomme, en veral oor tulpe. Die tuine is eenvoudig asemrowend, en ek glo niemand was al spyt oor hulle besoek daar nie.

Die uitdaging is dat die tulpe slegs vanaf middel Maart tot middel Mei in blom is, en die tuine dan oop is vir toeriste. In 2024 was die datums 20 Maart tot 12 Mei.

Ons besoek was op 22 April. Die vorige naweek was dit die jaarlikse blomme optog wat ‘n skouspel op sy eie is, maar ons is gewaarsku dat daar dan meer mense is as wat enige Suid-Afrikaner ooit kan dink om te sien.

Hoewel die blomme pragtig was met ons besoek, was enkelles al oor hul beste, terwyl die Hollandse lente minder lente en meer winter voel vir ons Suid-Afrikaners.

Daar is uiteraard verskillende pakkette wat mens kan koop om die tuine te besoek. Ons het die pakket gevat om met ‘n bus te ry vanaf die Sentraal Stasie in Amsterdam na die tuine om 09h00 die oggend en dan 14h00 terug met dieselfde bus. Dit het ons EUR49 per person gekos. Ander toere kombineer die dag met ‘n bootvaart of besoek aan die windmeulens. Jy kan selfs met  ‘n helikopter oor die blomme velde gaan vlieg as jy die geld wil spandeer.

Die tuine bevat ook ander blomme as tulpe. Nadat die tulpe klaar geblom het, word die bolle ge-oes en verkoop oor die wêreld, wat uiteindelik die doel van die tuine is. Jy kan natuurlik by die tuine bolle koop.

Daar is selfs ‘n dieretuin, kinder speelpark en koffie winkel in die tuine. Buite is daar parkering vir baie motors en ryhuise. Ons sou aanbeveel dat jy maar vroeg gaan, as jy daar wil parkering soek, want dit ís BAIE mense en voertuie.

Na 3 ure se rondloop in die tuine, het ons genoeg gesien en het gehunker om terug te gaan hotel toe vir ‘n warm koffie of sjokolade.

Die uitleg en versorging van die tuine is absoluut topklas, en die foto’s en video wat ons plaas, vertel nie regtig hoe dit daar lyk nie.

Gaan gerus volgende Maart!





9 views0 comments

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page