Die Holkransgrot is een van die baie spesiale plekke in Meiringskloof Ons het al baie oor Meiringskloof in die pers en sosiale media gelees. Dit het geklink na ‘n plek wat ons beslis van nader moet ondersoek. Die gevolg is dat ons die laaste Woensdag in Februarie 2026 hier aankom. Ons het vooraf met die kantoor gesels oor opsies vir staanplekke waar daar wifi ontvangs is, omdat ons sekere verpligtinge gehad het. ‘n Paar staanplekke kwalifiseer daarvoor en ons is baie tevrede