Midweek is daar tye dat die hele swembad net joune is! Dit is ‘n warm Sondagmiddag in vroeg Februarie toe ons by Dube Game Lodge aankom. Die rit vanaf Centurion deur Brits het net meer as ‘n uur geduur. Die papierwerk word vinnig by die kantoor afgehandel. Ons kry ‘n kaart van die kamp en word beduie na ons staanplek. Ons vriende wat hierdie staanplek aanbeveel het, het regtig goeie smaak en weet presies waar die koeltes op Dube val wanneer mens dit baie nodig het. Ons staanp