Ons staanplek het 'n uitsig oor die Zinkwazi Rivier Toe ons vroeg in 1991 in Witbank gevestig het, was ek bevoorreg om ‘n maatskappymotor te kon ry. Dit beteken mos dat mens sommer lang afstande kan ry, sonder dat die vervoer jou iets kos. Dus het ons koppe vinnig kus toe gestaan vir ‘n kampnaweek. Ons eerste uitstappie met daardie motor en ons nuwe Venter sleepwa was destyds na Zinkwazi. In 2026 woon ons minder as ‘n uur van Zinkwazi af, en ons gaan kyk wat het alles daar ve