Die park is nie boomryk nie, maar daar is voldoende skadu Jeffreysbaai Karavaanpark is verseker een die beste kampeerterreine onder munisipale bestuur. Die oord is veilig omhein van die straat en die see. Daar is ook 24 uur sekuriteit by die hek. Die badkamers is ou-styl, maar skoon en alles is in ‘n werkende toestand. Hoewel daar tydens ons besoek nie wasmasjiene of tuimeldroӫrs was nie, was daar genoeg wasgeriewe vir wasgoed en skottelgoed. Daar is ook goed beskermde wasgoe