Die kloof vanaf Fouriesburg se kant af Net buite Fouriesburg in die Oos-Vrystaat is die Meiringskloof Natuur reservaat. Ons het die kampeer daar baie geniet, maar die staproetes verdien ‘n spesiale vermelding. Die roetes is almal verskeie opsies om in die kloof op te stap, en die langste een binne die reservaat duur sowat 3 ure om te voltooi. Dagbesoekers het hulle spesiale parkering waar hulle voertuie veilig gelaat kan word. Sommer net verby die kantoor vind jy die eerste a